Don Juan

Portret van Francisco D'Andrade as Don Juan in Wolfgang Amadeus Mozart se Don Giovanni deur Max Slevogt in 1912

Don Juan (of Don Giovanni) is 'n legendariese fiktiewe pierewaaier wie se verhaal al baie keer vertel is deur verskillende skrywers. El burlador de Sevilla y convidado de piedra is 'n toneelstuk wat deur Tirsa Molina rondom 1630 gepubliseer is en in die 14de eeu afspeel. Bewyse bestaan dat dit moontlik die eerste geskrewe weergawe van die Don Juan legende is. Die ander groot werk in die Spaanse literatuur oor hierdie karakter is Don Juan Tenoria, 'n toneelstuk van 1844 deur José Zorrilla.

Die naam word soms figuurlik gebruik as sinoniem vir "vrouejagter", veral in die Spaanse taal.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy